top of page

Chess champions

If you think you’re tough you ain’t see nothing yet. Watch the Fritz sisters playing chess and you’ll start thinking different about mental toughness.

 

Skaak is ‘n spel wat….

 

Kaylyn Fritz (16) en haar jonger suster Tegan Fritz(14) het al albei W.P.-kleure in skaak verwerf. Hulle is reeds op driejarige ouderdom deur hulle pa, wat self ‘n kranige skaakspeler was, aan die sport bekend gestel. Sedertdien is baie ure se sweet agter die skaakbord en rekenaar ingeploeg om die hoogtes te kon bereik wat hulle bereik het. Hulle oefen gemiddeld 2 ure per dag, maar voor ‘n groot toernooi sal hulle maklik 5 ure ‘n dag oefen. Dit het natuurlik sy eie uitdagings vir ‘n mens se akademie. Voor ‘n toernooi gaan daar ook baie tyd in om navorsing te doen oor jou opponent en die taktiek wat hy/sy gebruik.

 

Kaylyn sê sy het haar eerste groot toernooi in Bloemfontein gespeel toe sy die W.P. se O/12-span verteenwoordig het. Sy het goud gewen. In 2008 het sy die S.A.-span gehaal. Sy het ons land in Parys teen Frankryk, Spanje en Itali ë in die ope toernooi verteenwoordig. Sy het 20ste uit 120 spelers geëindig , wat ‘n merkwaardige prestasie is.

 

Tans wag hulle nog om te hoor of hulle vanjaar se S.A.Olimpiese span gemaak het. Die span gaan later in die jaar óf in Turkye óf Viëtnam kragte meet teen ander lande. Tans is Kaylyn 3de op die S.A. ranglys vir dogters 0/18 en Tegan 13de vir dogters o/14.

 

Ons hou styf duim vas vir julle!

 

Ns : As jy daarvan hou om mense te ontmoet, om mense te uitoorlê, berekeninge te doen en probleemoplossings te takel, is hierdie die sport vir jou. Skakel in by juf. Conradie se span.

Next Article
bottom of page