top of page

De Kuilen se eie Ernie Els!

 

Wat het Armand Grobbelaar en Ernie Els in gemeen?

 

Baie. Hulle lyk baie na mekaar, hulle liggaamsbou is dieselfde  en GOLF is hulle passie!

 

Reeds sedert hy baie klein was, het hy sonder stokke voor die TV golf gespeel. Sy golflus is egter geprikkel toe hy een Saterdag as klein seuntjie saam met sy ouers by De Kuilen se golfbaan gaan eet het. Daar het die gogga hom regtig gebyt en as gevolg van sy aanhoudende gekerm het sy pa vir hom  ‘n goedkoop golfstelletjie gekoop.

 

By die Hoërskool De Kuilen het hy onder die aansporing van oom Dirk Osche al meer ernstig begin golf speel en is hy ingeskryf vir Boland kompetisies. Sommer gou het hy ‘n “ranking” gekry en van daar af was daar geen keer aan hom nie.

 

Reeds in die o/14-liga he thy sy merk gemaak en is hy vir Boland se Fish River Span gekies wat in Oos-London gaan speel het. Hy het ook in die SA Boys kompetisie op Robertson gespeel waar hy 4de geëindig het.  o/17  het hy hy 12de geëindig in die SA Boys Pretoria Coutreyclub-kompetisie. In 2012 speel hy in die interprovinsiale toernooi vir Boland en in 2013 verteenwoordig hy Boland se o/23-span in Nelspruit.

 

Armand oefen 5 dae ‘n week en tydens toernooie speel hy 6-7 dae in die week. Hy het ‘n vrou, Anna Becker, as afrigter wat hom baie gehelp het, veral toe hy jonger was.

 

“In golf is ‘n mens se kop baie belangrik, so ook selfbeheersing. Jy moet kan fokus; al raas die mense om jou, moet jy net jou teiken raaksien. Maar ek hou van druk. Om die waarheid te sê, ek perform beter daaronder,” sê Armand.

 

Sy droom is om eendag die Top 20 op die wêreldranglys in golf te behaal en hy wil BAIE GRAAG die MASTERS op AUGUSTA  speel..​

bottom of page