top of page

Dwelmmisbruik op skool neem vinnig toe

Dwelmmisbruik onder kinders het die afgelope sewe jaar verdubbel en al hoe jonger kinders eksperimenteer met dwelms.

 

So sê Grant Jardine, bestuurder van die jeuguitreikprogram by die Kaapstadse Dwelmvoorligtingsentrum waar hulle jaarliks tot 900 mense behandel.

 meeste van hulle het voor die ouderdom van dertien reeds begin om te eksperimenteer.

Hoe kan ek ‘n dwelmprobleem identifiseer?
As die kind dwelms gebruik, is daar ‘n verandering in sy algehele gedrag. Net een of twee kenmerke is nie noodwendig ‘n aanduiding van ‘n probleem nie.

 

Kyk uit vir die volgende tekens:

  • Tekens van bybehore wat gebruik word vir dwelmgebruik. Dit sluit in gebreekte bottelnekke, gebrande lepels, lemmetjies en foelie.

  • Rooi oë en/of vlekke op hande

  • Skielike gewigsverlies of toename

  • Sleeptong praat

  • Onsamehangende gesprekke en vinnige verandering van een onderwerp na die ander

  • Verlies van belangstelling in en genot van dinge wat hy voorheen geniet het

  • Verandering van kleredrag en vriende

  • Swakker prestasie op skool.

  •  

POTENTI  het sy eie opname gemaak en 70 leerders ondervra oor dwelmmisbruik in Hoërskool De Kuilen. Hier volg die uislag:

Vraelys:

1          Hoe dikwels word dwelms op die skoolterrein gebruik?

            Nooit     4                   selde 21                   dikwels   25              baie   7

 

2          Affekteer dit leerders se gedrag en die atmosfeer in die klas?

            Nooit     5                   selde   9                     dikwels   16              baie   31

 

3          Word die probleem suksesvol aangespreek?

            Nooit     10                selde  27                   dikwels   14              baie    9

 

4          Is dit nodig dat daar kameras in  klasse geïnstalleer word?

            Ja        32                                           nee     29

 

5          Hoe behoort so ‘n  probleem volgens jou opgelos/aangespreek te word?

Kommentaar van die kinders... (op vraag 5)

A         Verwyder die kinders wat so baie probleme in die klasse veroorsaak. Hulle maak dit moeilik vir ons om aandag te gee in die klasse. Dan wonder ‘n mens se ouers hoekom jy so swak vaar . Veral die druipelinge wat so baie probleme veroorsaak. Daar moet ook druipelinge na AL die klasse gestuur word.

 

B         Let op die kinders se gedrag. As hulle sommer so vinnig verander, is daar fout.. Dan moet jy hulp soek vir jou kind of die onderwysers moet hulle laat toets.

 

C         Dit is nodig om kameras op die skoolterrein te installeer, veral waar die rokers staan en die kinders dwelms gebruik. Daar is kinders wie se oë dik en rooi is. Hulle moet getoets word. Party kinders sê sommer hy rook dagga of tik of hy is ‘n leader van ‘n tikgroep.

 

D         As probleemkinders heeltyd gesels en opmerkings maak, moet hulle uit die klas verwyder word.

 

E          Mense moet bid vir die kinders.

 

F          Daar moet meer mense op die skoolterrein rondloop en uitkyk wie rook. Daar meot ook toetse gedoen word op AL die kinders van die skool om te kyk wie dwelms gebruik. As hulle doen , moet hulle dadelik geskors word.

 

G         Vie ‘n dwelmprobleem is daar nie werklik ‘n oplossing nie. Om hulle te toets en te skors tot die toets negatief terug kom, gaan niks oplos nie. Rehab is deesdae ook nie meer ‘n oplossing nie. As jy verslaaf is, is jy verslaaf. Party mense los dit makliker omdat hulle dit nie baie gebruik nie. Ander los dit moeiliker, want vir hulle is dit die enigste rede vir hulle bestaan. Vir hulle(stoners) is daar die high, daardie rush “kos” , hulle móét dit hê. Dwelms kan ook nie meer verban word nie, want dealers steur  hulle nie daaraan nie, die verbruiker nog minder. Mense besef nie wat hulle aan hulself doen nie. Gevalle soos selfmoord danksy dwelmmisbruik soos angel/dust/love/green grass het al plaasgevind. Die enigste oplossing is dat hulle self besef wat hulle doen. Tot kinders  in ons skool doen en verkoop dwelms. Kameras is beslis nodig! Ouers moet bewus raak! Genoeg is genoeg!!

 

H         Wanneer kinders positief getoets word, moet hulle vir hulle ‘n ander skool kry. Daar moet meer terreinhelpers wees en die polisie moet betrek word.

 

I           Beheerliggame moet strenger optree en die Departement van Onderwys ook. Kinders wat positief getoets word, moet permanent uit die skool geskors word, want die help nie hy kom “skoon” terug en gebruik dit dan net weer nie. Die polisie moet ook meer gereeld kom kyk in skole sodat dié wat dit gebruik, uitgehaal kan word. Ons wil ‘n goeie en opgevoede skool hê waarop ‘n mens trots kan wees. Ek is klaar trots op my skool!

 

J           Die skool moet strenger wees en sekuriteitkameras by die rokers opsit. Stout kinders moet in spesiale klasse gesit word. Kinders moet deursoek word vir sigarette en dwelms. Die skool moet busse kry sodat die kinders nie voor skool besteel en dwelms aan hulle verkoop word nie en dat hulle safe by die huis aankom.

 

K         Stel spyes aan om die rokers en dwelmverspreiders te vang.

 

L          Die kinders smokkel dit in die kleedkamers in en rook voor ‘n rugbywedstryd. Praatjies gaan nie help om die probleem op te los nie. Die kameras sal help; veral in die klasse.

 

M         Stuur die stout kinders na die hoof toe. Kameras gaan nie help nie, want dit beteken daar moet heeldag een sit en kyk daarna.

 

bottom of page