top of page

Musiek vloei in my are.

 

“Ek het van kleins af altyd geloop en sing, maar het myself nooit as ‘n soliste gesien nie. Kore was maar nog altyd my ding,” sê Ingrid Grundlingh(gr. 10) wat so pas A+ by die Stellenbosche eisteddfod vir individuele sang verwerf het.

 

Toe sy in die laerskool was, was haar ma die een wat haar gemotiveer he tom te sing en haar vir ‘n oudisie by die Tygeberg Kinderkoor geneem het. Syself het nie werklik geglo sy sal dit maak nie, maar het tog en dit is waar die saadjie vir sing geplant is. Koorsang is harde werk. Hulle moes elke Sondag en Dinsdag oefen, maar die sukses van hierdie fantastiese koor het al die harde werk die moeite werd gemaak.

 

Sedert sy in die hoërskool is, sing sy in ons eie skoolkoor (alt 1) wat vir haar groot bevrediging bied. Sy neem ook musiek as vak met sang as hoofvak. Sy vind individuele sang baie stressvol , veral terwyl sy moet sit en wag vir haar beurt om te sing, maar ontspan gewoonlik sodra sy begin sing.

 

“Ek is baie lief vir musiek. Dit dra by tot die persoon wat ek is,” aldus Ingrid Grundlingh.

bottom of page