top of page

Van Broadway na Hoërskool De Kuilen

 

Resensent: A. Janse van Rensburg

 

Waar  begin ek? Ek love hierdie show! Dit het ‘n lieflike plot en ongelooflike mooi musiek. Wat ‘n aand vol plesier wat my net wou laat opspring en dans van pure genot!

Grease is die verhaal van Danny Zucko  and Sandy Olsen, uitstekend vertolk deur Anro Dowling en  Izelle van Niekerk,  twee hoërskool seniors wat verlief raak gedurende die somervakansie. Hulle het ‘n fantastiese somer saam wat uiteindelik tot ‘n einde kom. Die eerste dag van skool begin, onwetend dat hulle mekaar binnekort weer sou raakloop. Sandy is egter geskok toe sy  uitvind dat die aangename ou wat sy ontmoet het, die leier is van’n greaser bende,  genaamd die  'The T'birds'.  Sy sukkel ook om in te pas by haar nuwe  "vriendinne," die T'birds se vroulike weergawe, die  Pink Ladies. Sal Sandy and Danny ooit weet saam wees? Saam met hierdie aangrypende plot, kom daar die ongelooflike mooi musiek wat jy vir lank met jou saamdra.

 

Reeds met die openingtoneel is ons asems weggeslaan deur die pragtige sang van die groep meisies en het dit groot afwagting geskep vir wat gaan volg. Anro Dowling (Danny Zoco) en Izelle van Niekerk (Sandy Olsen) het ons almal se asem weggeslaan met hulle eerste liedjie “Summer Night). En wie het gedink Selanche Olivier en Nancy Bagula kan sulke geitjies wees? Uitstekend gedoen. Wie natuurlik nie ongemeld verbygegaan kan word nie, is ons eie bleeksiel . Uitstekend. Ek het net gewag vir hom om die vloer te vat en die danskompetisie gewen. Is hy dalk ‘n “nerd”?

 

Dan kan ek nie ander as om  Pokpas uit te sonder vir haar rolvertolking nie. Wow! Sy kan dans en so uitlokkend!.

Alles bymekaar wil  ek net sê: wat ‘n heerlik vermaaklike aand.

 

Mag daar nog vele wees. Broadway se voet.

bottom of page